Click here for the English Version

Vars idees

Selfdoen Projek

Gesels kopstukke

Maak een middag dié kopstuk en maak dieselfde aand nog intieme praatjies as jy daarteen leun.


> LEES VERDER

Kleur-kaperjolle

Skatkis van kleur

Die maklikste en doeltreffendste manier om 'n bepaalde stemming in jou huis te skep, is met kleur - hetsy deur verf, dekor of bykomstighede.


> LEES VERDER

Cape Homemakers Expo

In die kollig

Vanjaar se Cape Homemakers Expo word van 2 tot 5 September in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum aangebied, en beloof weer eens 'n fees van nuwe huis- en dekoridees vir elke besoeker.


> LEES VERDER

Nuutste blogs

Daar is min dinge so lekker soos ’n vars koppie koffie. Dis een van die geure wat jou wakker maak, opkikker, troos, van binne verwarm – en dis nog voor die eerste slukkie! Terwyl ek hier sit en tik kan ek nie ophou glimlag nie. Die rede? Die aller-ongelooflikste Blue Mountain “flat white” gevolg deur ’n Blue Mountain-espresso van TRUTH.coffeecult. Dalk is dit die kaffeïen (twee koppies koffie vinnig na mekaar is ’n bietjie woes op ’n nugter maag), maar ek vermoed dalk is dit eerder opgewondenheid.

deur Johanè van Schalkwyk

Ek was bevoorreg om saam met ’n groep joernaliste op die prentjiemooi plaas Klein Rivier op die oewer van die Limpoporiver te kuier om ’n bietjie insig te kry in Woolworths se Farming for the Future-inisiatief. Die meeste van ons koop groente en vrugte sonder om juis aandag te gee aan waar dit vandaan kom, en sal verras wees om te weet dat boere ál meer kunsmis en ander chemikalieë, sowel as water nodig het om dieselfde hoeveelhede en gehalte produkte te lewer as jare gelede. Sulke boerderypraktyke is nie volhoubaar nie en organies is nie die antwoord vir almal nie.

deur Johanè van Schalkwyk

Ons weet dit almal: Ons moet groener leef. Ek het nooit gedink ek sal dié woorde uiter nie. In my kombuis staan daar nou ’n asblik vir die papier en plastiek, en ’n ander een vir kombuisafval. Ek vertroetel my kruie en beplan aan ’n kombuistuin. In my huis is daar net energiebesparende gloeilampe. My eie ekomateriaalsak ry elke keer saam supermark toe vir inkopies. Dis ’n druppel in die emmer, maar ’n goeie begin. Wie het my tot dié besluit gebring?

deur Anneke Blaise

Soek alle artikels

 SOEK      LYS ALLES

Jou Opinie

Wat het jy onlangs vir jou huis gekoop?
strooikussings of gordyne
vase en blomme
kerse
meubels

Mees populêr

  • Mees besoekte artikels
  • Mees besoekte blog artikels
  • Mees gesoekte