Click here for the English Version

Tuinmaak

Gesond in die grond [0Kommentaar ]

Maak jou eie erdwurmkompos

Erdwurmkompos wat van kombuisafval gemaak is, is die beste kompos - dis humusryk en behou vog baie goed. Selfs die vloeibare bemesting is uitstekende grondvoeding.

So werk dit
Die wurmplaas is 'n houer, gewoonlik van plastiek, met 'n deksel en verskillende lae of kamers waardeur die wurms opbeweeg namate hulle die afval opvreet. Heel onder is daar 'n dreineringspan vir die afvalvloeistof. Dié pan het 'n kraantjie waar jy die vloeibare bemesting kan aftap. Soos jy bietjies vars afval byvoeg, wriemel die wurms boontoe om dit te vreet, en sak hul mis af.

As jy daarvoor kans sien, kan jy jou eie wurmblik maak van stapelhouers, sifdraad, 'n aftapkraan en 'n sintetiese deksel. Die maklike uitweg is om een te koop. Daar is twee modelle te kry by Full Cycle, wat landwyd bestellings uitvoer. Skakel 021 789 2922 of besoek www.fullcycle.co.za vir meer inligting.

Wat jy nodig het:

  • erdwurm-kompostoestel of wurmplaas
  • minstens 1 000 wurms
  • kombuisafval (nat én droog)

So maak jy
1 Sit die wurmplaas op 'n plek waar die temperatuur tussen 12 °C en 25 °C is. Die wurms boer vooruit in 'n donker, vogtige omgewing met goeie lugsirkulasie. Hou dit in die somer uit direkte sonlig en maak dit in die winter in 'n skuur of garage staan. 'n Kompostoestel wat goed werk, ruik glad nie.

2 Voer die wurms gereeld opgekapte kombuisafval soos groenteskille, eierdoppe, vrugteskille, oorskietkos, teeblare, koffiemoer, geskeurde koerantpapier, stukkies karton en stof uit die stofsuiersak.

3 Tap gereeld die vloeistof uit die dreineringspan en gebruik dit so gou moontlik omdat dit 'n bederfbare produk is. Gebuik dit as 'n 'soil drench' of 'n 'foliar feed'.

4 Sodra die onderste pan byna vol is, kan jy die kompos uithaal en gebruik. As die toestande ideaal is, sal die wurms jare lank aanhou vreet, broei en kompos maak.

Sê jou sê
NaamE-posadres
Kommentaar
Tik asseblief die verifikasiekode in.

Tuinmaak blogs

Dié kort videogreep wys jou 'n vernuftige manier om jou eie smaaklike aarbeie te kweek en watter metgeselplante hulle beter sal laat groei.

deur DIY Vanessa

Maak ‘n hartvormige krans vir jou deur of kersboom met ‘n draadhanger en ‘n paar klimoplote.

deur Johanè van Schalkwyk

Ek tob nou al maande lank oor my eie groentetuin in die agterplaas. Ek kan net nie meer langer ’n fortuin betaal vir ’n pakkie supermarkgroente wat skaars ’n dag in die yskas hou nie – ek smag na vars en voedsame groente!

deur Beatrice Moore-Nothnagel

Soek alle Tuinmaak artikels

 SOEK      LYS ALLES

Mees populêr

  • Mees besoekte artikels
  • Mees besoekte blog artikels
  • Mees gesoekte